LIGVOETS kom sy oor die oefenmatte aangestap, haar tweestuk besmeer met die krytpoeier wat gimnaste aan hul hande vryf vir ’n beter greep.
Sy is tenger van statuur, maar haar glimlag breed en vol selfvertroue toe sy groet en verskoning vra om gou te gaan verklee. So met die wegdraai, sien jy haar tatoes: op haar arm die vyf ringe van die Olimpiese simbool, en op haar nek die woord “Evolve”. En dít spreek van die pad wat Caitlin Rooskrantz tot hier geloop het.
Toe haar in 2019 die eerste keer in hierdie einste gimnastieksentrum in Newlands, Johannesburg, ontmoet het, het baie mense byna oornag van haar kennis geneem.