![f0020-01](https://article-imgs.scribdassets.com/5ohlz1zocgcpqqd0/images/file11JGL2IT.jpg)
SY KLEINTYD was bitter moeilik.
Geen pa. Sy sieklike ma wat as karwag moes werk. En natuurlik die grot agter Muizenberg se polisiestasie waar hulle jare lank gewoon het.
Hy kan nie veel van daardie tyd onthou nie, vertel hy vandag. Dit is asof hy die herinneringe wil onderdruk.
Maar een ding onthou hy goed: die eindelose blou oseaan wat hy van die berghang en oor die dakke van die kusdorp kon sien.
“My oë was heeltyd op die branders gerig. Ek het geweet dis waar my uitkoms eendag vandaan gaan kom.”
En dit hét.
Want op ’n dag is hy, steeds ’n jong kind, die geleentheid gegee om versigtig op ’n branderplank te klim. Ná sy ma se dood het Muizenberg se branderry-gemeenskap hom so te