SARIE

THULI ’N SAGTE, STERK VROU

Van agter ’n donkerbril en gewikkel in ’n serp – haar eie “hijab” – het Thuli Madonsela destyds die kleurryke Marabastad in Pretoria besoek vir mooi lap.

“Ek weet nie of jy dit moet skryf nie,” lag haar dogter, Wenzi, tydens ’n telefoniese onderhoud. En Wantu, Thuli se seun, whatsapp symais’n“undercover fashionista” wat eens haar eie klere gemaak het.

Prof. Madonsela, hoof van die Universiteit Stellenbosch (US) se sentrum vir maatskaplike geregtigheid en voormalige openbare beskermer, “veg” haar lewe lank al vir Gogo Dlamini, oftewel San Alleman. Sy en haar man, Dick Foxton, ’n skakelwesekonsultant, woon buite Stellenbosch.

Thuli glo aan die ubuntu-beginsel en was van jongs af ’n politieke aktivis vir wie ongeregtigheid en vrede nooit kan saamgaan nie. Sy was ook betrokke by die opstel van Suid-Afrika se eerste demokratiese grondwet.

Ons gesels in haar kantoor in die US-kampus se Ou Hoofgebou. Agter haar lessenaar pronk ’n foto van Nelson Mandela, een van haar mentors.

Thuli (“Noem my Thuli”) doseer konstitusionele en administratiewe reg. In 1990 het sy haar LLB aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf en later twee doktorsgrade, onderskeidelik aan die US en die Universiteit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE7 min read
AL OOIT VAN HULLE GEHOOR? ’n Vrou maak ’n PLAN
Belangrike uitvinders? Jy dink onmiddellik aan Thomas Edison, Alexander Graham Bell en Leonardo da Vinci. Die gemene deler: Hulle is almal mans. Wat van Mary Anderson? Of Josephine Cochrane? Nog nooit van hulle gehoor nie, nè? Maar dis twee van ’n ri
SARIE3 min read
Bederfprodukte Luuks
1. Romano Ricci, agterkleinseun van die Franse modeontwerper Nina Ricci, het sowat vyftien jaar gelede sy eie parfuumhuis begin. Juliette has a gun glo parfuum is meer as net iets wat jy daagliks aanspuit om lekker te ruik. Jou geur is uniek aan jou
SARIE5 min read
Kanker-raaisel
Die prinses van Wallis se aankondiging dat sy “voorkomende chemoterapie” vir ’n ongespesifiseerde soort kanker kry, het die wêreld aan’t praat gehad. “Maar sy is só jonk!” was die refrein. Ook die Amerikaanse aktrise Olivia Munn het onlangs oopgemaak

Related