SARIE

Opnuut vol woema!

VROUEMAAND: MY STORIE

Wanneer Adene Nieuwoudt op hul plaas naby Wolseley tussen die plate fabelagtige dahlias en krismisrose staan, is sy op haar gelukkigste. Nie dat sy lank kan vertoef nie. Met 50 werkers wat konstant haar aandag verg, is sy altyd aan die hardloop, en dan het sy nog ’n kop vol planne ook . . .

Jy kan jou kwalik indink dat dié energieke, lewenslustige baas van Adene’s Farm Flowers en ma van twee ses jaar gelede in ’n stadium so moeg was dat dit eenvoudig álles van haar geverg het om soggens uit die bed op te staan.

Sy was tam en kragteloos, sy kon nie konsentreer nie, sy was vergeetagtig en angstig, alles simptome wat eensklaps en onverklaarbaar – “byna oornag” – kop uitgesteek het.

Adene, “nog nooit iemand wat in ’n hoekie kon sit en haarself bejammer nie”, het steeds deurgedruk, al het dit gevoel of sy elke dag. Ons het baie in die besigheid belê, ek wou ’n sukses daarvan maak,” vertel sy.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE7 min read
AL OOIT VAN HULLE GEHOOR? ’n Vrou maak ’n PLAN
Belangrike uitvinders? Jy dink onmiddellik aan Thomas Edison, Alexander Graham Bell en Leonardo da Vinci. Die gemene deler: Hulle is almal mans. Wat van Mary Anderson? Of Josephine Cochrane? Nog nooit van hulle gehoor nie, nè? Maar dis twee van ’n ri
SARIE3 min read
Bederfprodukte Luuks
1. Romano Ricci, agterkleinseun van die Franse modeontwerper Nina Ricci, het sowat vyftien jaar gelede sy eie parfuumhuis begin. Juliette has a gun glo parfuum is meer as net iets wat jy daagliks aanspuit om lekker te ruik. Jou geur is uniek aan jou
SARIE5 min read
Kanker-raaisel
Die prinses van Wallis se aankondiging dat sy “voorkomende chemoterapie” vir ’n ongespesifiseerde soort kanker kry, het die wêreld aan’t praat gehad. “Maar sy is só jonk!” was die refrein. Ook die Amerikaanse aktrise Olivia Munn het onlangs oopgemaak

Related