SARIE

NATANIËL & ANNA-MART ... WANT SARIE VERJAAR!

SARIE vier haar 75ste verjaardag . . .

. . . en vir dié goue geleentheid verskyn Anna-Mart van der Merwe en Nataniël die eerste keer in die geskiedenis saam op die voorblad. Dis die perfekte paar vir die okkasie. Hierdie is Anna-Mart se sewentiende SARIE-voorblad; dis Nataniël se tiende. En al hierdie uitgawes tel onder SARIE se heel beste verkopers die afgelope drie dekades.

Hulle het dieselfde tyd op Stellenbosch studeer en volgens Nataniël is elkeen se loopbaan omtrent 37,5 jaar lank. Saam maak dit 75 jaar.

Die twee is gestileer in kostuums uit Nataniël se verbysterend veelsydige teaterloopbaan, en die kykNET-
joernaalprogram Bravo! het hierdie historiese oomblik op film vasgelê. Al die uitrustings is gemaak deur Floris Louw, wat al 25 jaar lank die beroemdste Suid-Afrikaanse kaalkop se ontwerper is.

“Kostuums is lewende goed met vele lewens en dus is dit heerlik dat Anna-Mart dit ook dra,” sê Nataniël. “Alhoewel die leser so mag dink, is dit nie rokke nie – nie vir my of haar nie. Alles is jasse, altyd geïnspireer deur ’n tyd, karakter of gebeurtenis uit die geskiedenis of klassieke literatuur.”

Anna-Mart en Nataniël het egter meer as net ’n alma mater gemeen. Albei is een van daardie enkele sterre van wie jy net die voornaam kan noem en almal weet van wie jy praat. Ons teater-, rolprent- en TV-wêreld is ondenkbaar sonder hulle. Al twee is nasionale bates wat SARIE óók as nasionale bate beskou.

“SARIE verteenwoordig vir my daardie oopkop Suid-Afrikaner wat Afrikaans magtig is, dalk met ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE7 min read
AL OOIT VAN HULLE GEHOOR? ’n Vrou maak ’n PLAN
Belangrike uitvinders? Jy dink onmiddellik aan Thomas Edison, Alexander Graham Bell en Leonardo da Vinci. Die gemene deler: Hulle is almal mans. Wat van Mary Anderson? Of Josephine Cochrane? Nog nooit van hulle gehoor nie, nè? Maar dis twee van ’n ri
SARIE3 min read
Bederfprodukte Luuks
1. Romano Ricci, agterkleinseun van die Franse modeontwerper Nina Ricci, het sowat vyftien jaar gelede sy eie parfuumhuis begin. Juliette has a gun glo parfuum is meer as net iets wat jy daagliks aanspuit om lekker te ruik. Jou geur is uniek aan jou
SARIE5 min read
Kanker-raaisel
Die prinses van Wallis se aankondiging dat sy “voorkomende chemoterapie” vir ’n ongespesifiseerde soort kanker kry, het die wêreld aan’t praat gehad. “Maar sy is só jonk!” was die refrein. Ook die Amerikaanse aktrise Olivia Munn het onlangs oopgemaak

Related Books & Audiobooks