SARIE vier vanjaar haar 75ste verjaardag.
Vra jy vriendinne wat oorsee verhuis het waarna hulle die meeste verlang, is dit hul familie en vriende, Suid-Afrikaanse humor, biltong, Marmite, boerewors, Mrs. Ball’s-blatjang . . . en SARIE. Van dié produkte kan in Suid-Afrikaanse winkels oorsee gekoop word, maar is nie algemeen in supermarkte beskikbaar nie. SARIE vir seker nie.
Terugflits: Ná die Tweede Wêreldoorlog was daar nie veel populêre leesstof vir Afrikaanse vroue nie. En toe verskyn SARIE. Skielik voel dit asof iemand na vroue luister. Resepte en breipatrone word uitgedeel, hulle leer van die nuutste modes en word emosioneel en intellektueel gevoed . . .
Doris Viljoen, hoof van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Sakeskool, reken handelsmerke wat oorleef maak die wêreld ’n beter plek. Hulle luister na hul mark en bly sinvol, hou aan verras.
“Hulle voeg waarde toe tot mense se lewens,” soos Andrew Mkandla, kreatiewe direkteur by Rapt, dit stel. Dié Johannesburgse reklameagentskap