“Ek dag ek kom om van verveling sonder jou, Bessie,” kerm Valerie met ’n onderlippie wat effens uitgestoot word. As ek ’n man was, sou ek dit nie kon weerstaan nie.
“Ag, my ou duifie, daar raak ek weer meegevoer,” sê Ronald die ene boetvaardigheid. “Ek is jammer. Hoe sal ’n delikate wesentjie soos jy nou enige belang hê by oorloë?”
Willem kom dadelik orent. “Wag, dat ek gaan kyk na Kollewyntjie. Sy het vanoggend vir my effens kroes gelyk.”
“Kolle-wyntjie makeer niks nie,” glimlag ek en pen hom met my oë vas. “Sy was die hele oggend agter my aan terwyl ek die ander diere kosgegee het. Buitendien, die tee is op pad.”
Die tweestryd is dadelik in sy oë te lese. Sy lus vir die gebak het al twee dae gelede begin en hy is nie toegelaat om ’n happie te kry nie, maar om saam met Ronald en Valerie in ’n vertrek vasgekeer te