![f050-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/94cl7k25ogcpr58s/images/fileESGZZLV8.jpg)
![f050-02.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/94cl7k25ogcpr58s/images/file91K0KQFY.jpg)
![f050-03.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/94cl7k25ogcpr58s/images/fileQI7KOYQE.jpg)
![f050-04.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/94cl7k25ogcpr58s/images/fileXANGC5XP.jpg)
Die gespierde, soepel gimnaste, hoogspring- en basketbalhemelbesems, testosteroonbelaaide naellopers, goed ontwikkelde gewigstoters . . . Almal wêreldklas-atlete maar met hul voorkoms uniek, soos voorgeskryf deur die eise wat hul bepaalde sport stel. “My mond het oopgehang. Dis so bietjie van ’n fratsskou,” beskryf Elana Meyer haar eerste indrukke by die Olimpiese dorp wat die atlete huisves.
Barcelona, 1992. Suid-Afrika was die eerste keer by die Spele ná ons skorsing in 1964 weens apartheid. Elana en Ethiopië se Derartu Tulu het dit in die 10 000 meter uitgespook. Derartu het goud gekry, Elana silwer. Hul ereronde hand aan hand om die baan daarna, was een van die Olimpiese Spele se mees ikoniese oomblikke.
Elana onthou die moeilike weerstoestande in Barcelona (“soos Durban in die hoogsomer”), hoeveel grimering veral die Amerikaanse atlete gedra het, die logistiek om van die Olimpiese dorp na die stadion te reis. Maar bowenal die grootsheid van die Spele. Die geskiedenis en tradisie, die fakkel, die ringe en emosionele ervaring om deel daarvan te wees, al die wêreldnasies as mededingers, met hul liefde vir sport