SARIE

ons wêreld

GLANS

12 Silwerskermfees WORD

Vanjaar se twaalfde kykNET Silwerskermfees is soos altyd ook ’n wegspringblok vir aspirant-filmmakers in die TV- en rolprentbedryf. Onder die debuutwerke tel agt kortfilms deur opkomende filmmakers, vyf kort dokumentêre films en ses shotgun-kortfilms. In laasgenoemde kategorie moes gevestigde filmmakers in net sewe dae ’n unieke konsep inskryf. Die opdrag: Daag jouself uit! Filmmakers wie se konsep goedgekeur is, was dan ook mentor tydens die maak van die film. * Van 28 tot 31 Augustus in Kampsbaai

20 GLANS EN CHARLIZE

Met SARIE se 50ste verjaardag in 1999 was sy elegant op ons voorblad. Daarna ’n paar keer weer. Charlize Theron, wat in Benoni gebore is, het in 2003 deel van Hollywood-elite geword toe sy ’n Oscar vir haar rol in Monster gewen het. Die afgelope 20 jaar is sy ook die gesig van Dior se ikoniese blomgeur J’adore, en so pas is bekendgemaak sy is die luuksehuis se nuwe ambassadeur vir hul velsorg- en juwelierswarereekse.

30 BOCELLI NA SA

Hy het al wêreldwyd 90 miljoen albums verkoop, spog met ’n ster op die Hollywood Walk of Fame, en tree voor presidente, pouse en koninklikes op. Wie ken die naam Andrea Bocelli nie! In April 2025 kom die Italiaanse tenoor SA toe as deel van sy 30ste herdenkingstoer. Hy sal in Pretoria en Kaapstad optree, en sy konsert in die Moederstad sal die grootste buitelugklassieke konsert nóg in die stad wees. Al die kaartjies het binne dae uitverkoop.

NOSTALGIE

SEWE SARIE-VOORBLADSTERRE PRAAT . . . EN DEEL INSIGTE WAT HULLE OOR DIE JARE GELEER HET

ELSABÉ DANEEL

’n Sonhoed en ander wyse dinge

Op ’n dag het ek spreekwoordelik my oorlede ma se jas aangetrek. Die ouderdom was op my . . . Ek het dit gelate aanvaar en my kop in rat gekry. My ammunisie is om gesond te eet en my vel sagkens te voed. Om genoeg te slaap en diep te kuier. Om ’n sonhoed te dra. Om te stap en fiks te bly. Om te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE9 min read
’N LEWE VOL MOED Suzette
In 1990 het sy die Mej. Suid-Afrika-kroon met trots gedra, in ’n tyd van groot verandering vir alle Suid-Afrikaners. In haar eie wêreld sou Suzette van der Merwe se lewe verskeie wendings neem. Daar was laagtepunte, verliese, en natuurlik hoogtepunte
SARIE7 min read
AL OOIT VAN HULLE GEHOOR? ’n Vrou maak ’n PLAN
Belangrike uitvinders? Jy dink onmiddellik aan Thomas Edison, Alexander Graham Bell en Leonardo da Vinci. Die gemene deler: Hulle is almal mans. Wat van Mary Anderson? Of Josephine Cochrane? Nog nooit van hulle gehoor nie, nè? Maar dis twee van ’n ri
SARIE3 min read
Skrywer Stap Terug Op Haar Kinderspore Vir Nuwe Roman
Madelein verplaas ons na 1974, na die kleinhoewe net buite Bloemfontein waar Bessie saam met haar broer, Willem, woon. Haar man Stefaans is kort tevore aan kanker oorlede, sonder om goeie voorsorg vir Bessie te tref. Sy moet haar sente omdraai. Nou k

Related