SARIE

AL OOIT VAN HULLE GEHOOR? ’n Vrou maak ’n PLAN

VROUEMAAND: BAANBREKERS

Belangrike uitvinders? Jy dink onmiddellik aan Thomas Edison, Alexander Graham Bell en Leonardo da Vinci. Die gemene deler: Hulle is almal mans. Wat van Mary Anderson? Of Josephine Cochrane? Nog nooit van hulle gehoor nie, nè? Maar dis twee van ’n rits vroue wie se dikwels praktiese uitvindsels ons lewe makliker maak . . . van ruitveërs tot skottelgoedwassers.

HEDY LAMARR

HOLLYWOOD-STER EN UITVINDER

Enige meisie kan glamorous wees. Jy moet net stilstaan en dom lyk HEDY

het ’n fassinerende lewe gehad, onder meer ’n skandalige debuut in die Tsjeggiese erotiese rolprent voor haar ontdekking (en naamsverandering) deur Louis B. Mayer, medestigter van die befaamde MGM Studios. Sy is op haar dag beskou as die glansrykste vrou van Hollywood se Goue Era, was ses keer getroud, tog was sy in haar later jare betreklik onbekend. Ver verwyderd van haar Hollywood-beeld was sy ’n uitvinder. Sy is in Wene, Oostenryk, gebore as Hedwig Eva Maria Kiesler. Tydens ’n intieme aandete in 1940 het sy George Antheil ontmoet, ’n geesgenoot. Hy was bekend vir sy skryfwerk, rolprentmusiek en) met die Amerikaanse vloot gedeel en in 1941 saam met George ’n patent ontwikkel, maar die vloot het nie belanggestel nie. Sedertdien het baie ander toepassings van verspreidespektrum-tegnologie – die breër term vir draadlose kommunikasie wat veranderlike seine gebruik – uit haar basiese konsep ontstaan, insluitend Bluetooth, wi-fi en GPS. Dankie, Hedy!

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE3 min read
Skrywer Stap Terug Op Haar Kinderspore Vir Nuwe Roman
Madelein verplaas ons na 1974, na die kleinhoewe net buite Bloemfontein waar Bessie saam met haar broer, Willem, woon. Haar man Stefaans is kort tevore aan kanker oorlede, sonder om goeie voorsorg vir Bessie te tref. Sy moet haar sente omdraai. Nou k
SARIE7 min read
Die GLORIE En Trane
Die gespierde, soepel gimnaste, hoogspring- en basketbalhemelbesems, testosteroonbelaaide naellopers, goed ontwikkelde gewigstoters . . . Almal wêreldklas-atlete maar met hul voorkoms uniek, soos voorgeskryf deur die eise wat hul bepaalde sport stel.
SARIE7 min read
Amman, Jordanië
V Hoekom Jordanië? A In 2019 het ek afgekom op ’n YouTube-video oor die antieke stad Petra, een van die Nuwe Sewe Wonders van die Wêreld. Ek moet erken ek het toe nog niks van Jordanië geweet nie. Ek was verstom oor hoe pragtig dit is en besluit net

Related