Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Noem dit! Eis dit op! Neem dit!
Noem dit! Eis dit op! Neem dit!
Noem dit! Eis dit op! Neem dit!
Ebook189 pages1 hour

Noem dit! Eis dit op! Neem dit!

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In hierdie boek wys die skrywer vir die gelowige die lopersleutel om deurbrake op geestelike, fisiese, geldelike en materiële gebied te bereik!

LanguageAfrikaans
Release dateJul 28, 2016
ISBN9781613953228
Noem dit! Eis dit op! Neem dit!
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Noem dit! Eis dit op! Neem dit!

Related ebooks

Related articles

Reviews for Noem dit! Eis dit op! Neem dit!

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Noem dit! Eis dit op! Neem dit! - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Die lopersleutel om ’n deurbraak te maak

    Maar die regverdige sal uit die geloof lewe …

    Hebreërs 10:38

    Wat dit beteken: Noem dit! Eis dit op! Neem dit!

    Die titel Noem dit! Eis dit op! Neem dit is eenvoudig ’n beskrywende uitdrukking om jou geloof te beoefen. Elke Christen moet geloof hê en dit beoefen! Geloof is die oorsaak vir deurbrake en wonders in ons lewe. Geloof is die oorsaak van antwoorde op gebed. Oor die algemeen gesproke is mense wat geloof het, meer voorspoedig as diegene wat dit nie het nie. Ek het ’n verskil opgemerk tussen Christene wat deur geloof lewe en diegene wat dit nie doen nie.

    Geloofsmense ondervind ook teleurstellings, siekte en ander tekortkomings. Oor die algemeen gesproke merk ek egter ’n tendens van seëninge, oorvloed en ’n lang lewe by diegene wat daaraan glo.

    Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.

    Hebreërs 10:38

    God sê dat Hy nie met jou tevrede sal wees as jy jou van geloof onttrek nie. Daar is mense wat dink dat geloof nie so belangrik is nie. Hulle is geneig om hulle aan die geloofsboodskap en geloofsmense te onttrek. Hulle voel dat daar liewer ’n beklemtoning moet wees van geduld, sagmoedigheid, heiligheid en so meer. Ek glo dat hierdie dinge belangrik is en dat hulle almal ’n spesiale rol in die Christelike lewe moet speel. Dit beteken egter nie dat ons die belangrikheid van geloof in die Christelike lewe moet onderbeklemtoon nie. Die feit dat die hart vir die liggaam belangrik is, beteken nie dat die niere nie net so belangrik is nie. Albei is belangrik en albei het spesifieke rolle om te speel.

    Geloof is ’n baie spesiale deug wat ’n sleutelrol in elke Christen se lewe moet speel. Die Bybel sê dat dit sonder geloof onmoontlik is om God te behaag.

    En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek.

    Hebreërs 11:6

    Dit is interessant om daarop te let dat die Woord van God nie sê dat dit sonder liefde onmoontlik is om God te behaag nie. Die Bybel sê ook nie dat dit sonder vrede onmoontlik is om God te behaag nie.

    Die Bybel is hieroor baie duidelik: SONDER GELOOF IS DIT ONMOONTLIK OM GOD TE BEHAAG!

    Abraham se geloof in God is as ’n daad van geregtigheid gereken. Abraham het geglo dat die almagtige God in staat was om vir hom in sy ouderdom ’n kind te gee. Abraham het sy tekortkomings gehad. Hy het leuens oor sy vrou vertel en haar twee keer aan ongelowige konings oorgelewer om hulle te plesier.

    Ten spyte van sy leuenagtige en lafhartige optrede, het Abraham God behaag omdat hy sy opdragte geglo het.

    Volgens jou standaarde moes Abraham miskien gediskwalifiseer gewees het. Abraham was miskien na jou mening nie so ’n groot persoon nie. Maar in God se oë was hy ’n groot man. Sy grootheid was ’n gevolg van sy geloof.

    … en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het. Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.

    Romeine 4:21-22

    Liewe Christen-vriend, God is gelukkig, beïndruk en tevrede wanneer jy in Hom glo. Wanneer jy glo dat God jou sal genees, maak jy God gelukkig. Wanneer jy glo dat God jou voorspoedig sal maak, maak jy God opgewonde. Wanneer jy glo dat jou deurbraak op pad is, is God baie tevrede met jou. Wanneer jy geloof het dat jy lank sal lewe, word God uitgelok om jou lewe te verleng. As jy glo dat God vir jou groei en oorvloed sal gee, maak jy die hart van die almagtige God opgewonde. Jy maak dat Hy die melk van sy seëninge op jou lewe uitstort.

    Ek sien hoe jy in die groot seëninge van Jahwe lewe! Ek sien hoe jy ’n oorvloedige lewe in God geniet! Ek sien dat jy vry is van siekte en kwale! Ek sien hoe die krag van vervloeking in jou lewe verbreek word! Ek sien dat God met jou tevrede is omdat jy in Hom glo!

    Van vandag af moet jy nie enige deel van God se Woord betwyfel nie. Aanvaar dat jy die oorwinnaar is oor wie Hy praat. Beweeg saam met die boodskap van voorspoed, genesing en oorvloed. Onthou altyd dat God gelukkig is wanneer jy in Hom glo.

    God is nie ’n God van armoede nie. Vandat ek die Here leer ken het, het ek op geen manier agteruit gegaan nie. Ek lees nie in die Bybel van vermindering, mislukkings, terugslae en beperkings nie. Ek lees net van oorvloed, bevordering en verlossing van my vyande. Ek sien hoe God my elke dag verhoog! God het jou nie na Christus toe gebring om jou te laat veragter en om jou te onteer nie. Hy het jou na Christus toe gebring om jou te verhoog en jou in ’n oorvloedige lewe te vestig. Jesus het gekom sodat ons die lewe mag hê, en dit in oorvloed (Johannes 10:10).

    Jesus het geloof in mense aangeprys

    Onder Jesus se bediening het verskeie mense deurbrake ondervind. Wie was hulle? En waarom het hulle hierdie wonderwerke ontvang?

    Jy sal onthou wat Jesus oor die vrou met bloedvloeiing gesê het. Dit was ’n vrou wat vir twaalf jaar sonder enige deurbraak gely het. Sy het na Jesus toe gekom en ’n buitengewone wonderwerk ontvang. Wat was die geheim van haar deurbraak? Jesus gee die antwoord in Markus 5:34.

    Dogter, jou geloof het jou gered.

    Markus 5:34

    Die blinde Bartimeus het sy sig deur ’n wonder teruggekry. Hy was ’n raserige vent wat die diens versteur het. Maar Jesus het hom raakgesien en hom genees. Wat was die geheim? Sy geheim was geloof in God. Hy het sy genesing ontvang deur dit te noem, dit op te eis en dit te neem! Luister na wat Jesus vir Bartimeus gesê het:

    … jou geloof het jou gered.

    Markus 10:52

    Die sondige vrou wat ’n albastefles vol olie op Jesus se voete uitgegiet het, het ook ’n wonder van vergifnis ontvang. Waarom het Jesus haar vergewe? Jesus het vir die vrou gesê:

    Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.

    Lukas 7:50

    Tien melaatses is genees en net een het teruggekom om dankie te sê. Die een wat teruggekom het, het heling ontvang. Waarom het hierdie melaatse ’n bykomende seën ontvang? Jesus het dieselfde woorde vir hom gesê.

    Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.

    Lukas 17:19

    Twee blinde mans het na Jesus toe gekom en gevra vir genade by God. Jesus het hulle aangeraak en genees. Wat maak dat sulke goeie goed met sommige mense gebeur? Wat was sy woorde aan hierdie twee mans?

    Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.

    Matteus 9:29

    Het jy opgelet dat Jesus nooit gesê het nie: Jou liefde het jou genees?

    Jesus het nooit gesê nie: Jou heiligheid het jou gered.

    Hy het nooit gesê nie: Laat dit vir jou gebeur op grond van jou geduld.

    Waarom het Jesus nooit gesê nie: Jou goeie karakter het jou genees?

    Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie! Ek sê nie dat hierdie deugde nie belangrik is nie! Ek sê wel dat dit hierdie mense se geloof was wat Jesus beïndruk het. Ek wys vir jou dat Jesus oor en oor aangetoon het dat dit hulle geloof was wat die deurbraak gebring het. Dit is waarom die Bybel sê dat dit sonder geloof onmoontlik is om God te behaag.

    Het jy ooit aan daardie mans gedink wat deur die dak van iemand se huis gebreek het om hulle verlamde vriend na Christus toe te bring? Miskien was hulle ervare inbrekers wat daaraan gewoond was om by mense se huise in te breek. Miskien was hulle mense wat daaraan gewoond was om voor in die tou in te druk en ander van hulle regmatige plek te ontneem. Maar die Bybel vertel vir ons dat Jesus hulle geloof raakgesien het en dadelik op hulle behoefte gereageer het.

    En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.

    Lukas 5:20

    Jesus het nie hulle fout raakgesien om voor in die tou in te druk of om teëls van iemand se dak te verwyder nie. Hy het hulle geloof raakgesien! Jesus sien jou geloof raak! God sien jou geloof raak! Dit is tyd vir jou om op te staan en die dinge wat in die Woord van God beskryf is, te glo. Volgens jou geloof sal dit vir jou gedoen word!

    Hoofstuk 2

    Ontwikkel ware geloof

    Toe ek ’n jonger Christen was, het die begrip om geloo te hê vir my baie vergesog gelyk. Op stuk van sake is dit tog onrealisties om vir ’n berg te sê om in die see te val. Wie kon hom so iets verbeel? Selfs Jesus het nooit die berge rondom Jerusalem na ander plekke verskuif nie.

    Geloof het altyd soos iets waarby emosioneel onstabiele mense betrokke geraak het. Dit het gelyk soos iets waarby mense betrokke geraak het wat nie prakties was en met hulle voete op die aarde gestaan het nie. Geloofsmense het soms die beeld van lui Christene wat onwillig is om

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1