'n Wêreld sonder grense
()
About this ebook
Alexander Strachan
Alexander Strachan is op 9 Junie 1955 in die distrik Ladysmith in KwaZulu-Natal gebore. Hy matrikuleer in 1972 aan die Hoër Landbouskool Tweespruit. Ná studie in tale aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (en later in literatuur-wetenskap aan Unisa) word hy professor in Zoeloe aan die Universiteit van Zoeloeland. Ná sy bedanking skryf hy voltyds en sit sy wildboerdery voort. Alexander is ’n vlot Zoeloespreker en hou hom deeltyds besig met industriële teater wat hy volledig via die medium van die inheemse tale aanbied. Alexander se debuutbundel kortverhale, ’n Wêreld sonder grense (1984), is met die Eugène Marais-prys bekroon. ’n Wêreld sonder grense maak saam met die werk van ander skrywers (soos JC Steyn, Etienne van Heerden en Koos Prinsloo) deel uit van grensliteratuur. Daarna verskyn die romans Die jakkalsjagter (1990) en Die werfbobbejaan (1994). Hiermee wen hy De Kat en Antenne se Groot Romanwedstryd, en vir laasgenoemde word hy bekroon met die WA Hofmeyr-prys. Met sy derde roman, Dwaalpoort (2010), wen hy wéér die W.A. Hofmeyr-prys. In 2015 verskyn sy mees onlangse werk, Brandwaterkom.
Read more from Alexander Strachan
Dwaalpoort Rating: 0 out of 5 stars0 ratings1 Recce, volume 2: Agter vyandelike linies Rating: 0 out of 5 stars0 ratings1 Recce: Die nag behoort aan ons Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBrandwaterkom Rating: 0 out of 5 stars0 ratings1 Recce, volume 3: Onsigbaarheid is ons krag Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related to 'n Wêreld sonder grense
Related ebooks
Dwaalpoort Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTrousseaukis Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBloedsomer Rating: 4 out of 5 stars4/5Die lang pad van Stoffel Mathysen Rating: 5 out of 5 stars5/5Kroes Rating: 4 out of 5 stars4/5Krake Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSanta Gamka Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsRoepman Rating: 3 out of 5 stars3/5Moord en Ander Inkopies Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVerstevlei Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKortetjies en 'n lange Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDonkermaan Rating: 4 out of 5 stars4/5'n Klein lewe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOns is nie almal so nie Rating: 3 out of 5 stars3/5Aanspreeklikheid Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkarlaken Rating: 4 out of 5 stars4/5Die naaimasjien en ander stories Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDroomwa Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWildvreemd Rating: 4 out of 5 stars4/5Joe Speedboot Rating: 4 out of 5 stars4/5As die Cape Flats kon praat: Green Eyes en ander stories Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPlante kan praat Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTou Rating: 5 out of 5 stars5/5Brandwaterkom Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBos Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsIs weer sagie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTik Rating: 5 out of 5 stars5/5Donkerland Rating: 4 out of 5 stars4/5Plesierengel Rating: 5 out of 5 stars5/5
Related categories
Reviews for 'n Wêreld sonder grense
0 ratings0 reviews
Book preview
'n Wêreld sonder grense - Alexander Strachan
Alexander Strachan
’n Wêreld sonder grense
Tafelberg
Herinnering
Ma was jonk en mooi. Ek onthou ook die wind. Dit het dae lank om die hoeke van die huis gehuil, maar ek sou nie buitetoe gaan om dit teen my vel te voel nie. Ek het in my kamer op die bed gelê. Dit was skemer in die vertrek, want die gordyne was dig toegetrek. In die gang kon ek Ma se sagte voetstappe op die plankvloer hoor.
Ons bly ná aandete aan tafel sit. Ma se oë is groot en ek weet haar vingers slaan wit deur soos sy hulle onder die tafelblad vasklem. Pa sit aan die kop van die tafel en lees koerant. Soms voel ek jammer vir hom.
Julle moet die sinkplaat môre laat vassit,
sê Ma. Dit gaan vannag heelnag raas.
Dit lyk of sy haar inmekaartrek op die stoel toe die teef begin tjank. Ek verbeel my hoe sy met haar naels in die toe deur van die buitekamer grawe, die reuns snuiwend en bakleierig aan die ander kant.
Nog net ’n paar dae,
sê Pa. Ons kan nie kanse vat nie. Hier’s genoeg honde op die werf.
Julle moet die takke ook afsaag,
sê Ma. Hulle skuur teen die dak.
Ons sit aan tafel en niemand sê iets nie. Ma vra my met haar oë om nie oor my wegganery te praat nie. Ek kyk spottend na haar, want dis of ek die sê het – net wanneer ek wil, kan ek daaroor begin praat. Aan die beweging van haar neusvleuels sien ek sy wil eerder opstaan om iets anders te gaan doen.
Die volgende dag pak die stof al hoe dikker op die meubels. In my kamer hoor ek hoe Ma van vertrek tot vertrek loop. Sy kan nie stilsit nie, want sy verwag hom. Selfs Pa moet dit agterkom.
Laat die middag staan sy voor die venster en kyk na waar die weerlig al hoe dringender uitslaan. Sy kyk altyd noord.
Dit gaan reën,
sê sy. Dit sal nat en koud wees, buite.
Ná ’n rukkie draai sy om en gaan sit weer op haar stoel. Ek hoor nog altyd die sinkplaat.
Onmoontlik,
en Pa laat sy koerant sak. Hy gaan staan agter haar stoelleuning, sit sy hand op haar skouer en speel met haar hare. Selfs van hier af sien ek hoe styf sy haar rug hou. Pa sug sonder dat iemand hoor. Toe maar, ek sal môre weer ’n swarte op die dak laat klim.
Ons bly die aand tot laat wakker en ek luister na die wind, en die teef wat nou sonder ophou tjank. Die bekommerde kyk in Ma se oë pla my. Ek wil nie vir haar kyk nie, maar dis of sy my oë aantrek. Dan word ek moedswillig en begin op my stoel rondskuif om haar nog meer onrustig te maak. Ons is al twee bly toe Pa sy stoel agteruit stoot.
Toe ek die Maandagoggend wakker skrik, is dit stil, afgesien van die geraas van die trekkers en die werksmense.
Ek trek die oorfone oor my kop en laat die tromslae my oprui en wegvoer, tot ek dit nie langer kan uithou nie en die musiek van my ore pluk. Buite fluit ek lank en skril vir die honde. Die teef raak gek toe sy hoor hoe hulle met skerp blafgeluide teen my opspring. Ek stamp die buitekamerdeur oop en ons klouter teen die steil kop agter die huis uit waar ek op die swart klippe rondstaan en oor die hardheid van my maag en bors vryf. ’n Duisend jaar gelede het mense in die son gesit en beelde op die klippe uitgekrap. Agter my hoor ek die honde. Die reuns het eers baklei en nou bespring hulle die teef al om die beurt. Ek kan hulle hoor tjank as sy omdraai en hulle deur die klippe sleep. Die son is warm en my stem dra ver oor die vlaktes terwyl ek die steilte in volle vaart afhardloop tot by die huis, waar ek moeg in die koelte op die sement gaan lê en rus.
Ma kom om die hoek van die huis. Hier’s drinkwater,
en sy gee vir my die bottel aan. Sy het nie ’n glas saamgebring nie. Ek steek my tong in die nou opening in totdat dit aan die koelheid raak. Dan keer ek die bottel om en drink dat die water teen my nek afmors. Ma staan en kyk. Sy hou daarvan as ek honger of dors is.
Dis snaaks,
sê Pa die aand, die teef is vanaand stil. Ek dink ons kan haar maar van môre af oopmaak.
Ma is in die kombuis doenig. Ek sal haar vanaand uitlos