Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Jesus Reeks - Leerder Gids: Die Jesus Reeks, #2
Die Jesus Reeks - Leerder Gids: Die Jesus Reeks, #2
Die Jesus Reeks - Leerder Gids: Die Jesus Reeks, #2
Ebook438 pages4 hours

Die Jesus Reeks - Leerder Gids: Die Jesus Reeks, #2

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die skrywer, 'n gesoute dosent en Bybel skool-leier, gaan voort om te studeer en hoop in die harte van gretige lesers te vestig. Met meer as 14 jaar ondervinding en drie jaar se navorsing, is 'n volledige studiegids oor die hele lewe van Jesus Christus saamgestel om te leer oor die Skepper en Verlosser Jesus Christus op 'n manier wat u Sy hele omgewing sou laat proe, voel, en ruik. Maak gereed om Jesus te ontmoet, en stap saam met Hom van die hemel na die krip, verby die kruis, tot by die kroon!

LanguageAfrikaans
PublisherC VILJOEN
Release dateJun 18, 2024
ISBN9781067241513
Die Jesus Reeks - Leerder Gids: Die Jesus Reeks, #2

Related to Die Jesus Reeks - Leerder Gids

Titles in the series (1)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Jesus Reeks - Leerder Gids

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Jesus Reeks - Leerder Gids - C VILJOEN

    DIE BOEKE VAN JESUS, EN SY VOORSPELLING VAN OUD

    Jesus is die Onoorwonne Kampioen! Volgens Johannes 1:1 & Jeremia 23:24 is Jesus die Woord van God, en die Seun van God, en ook die Groot God self. Jesus is oral. Die hele Bybel praat van Hom. Die ou testament __________ die Verlosser. Die ____________________ beskryf Christus se lewe op aarde. Ons moet nuus versprei oor die evangelie wat Jesus vir ons agter gelaat het. Die evangelie is die opsomming van alles wat Jesus vir ons is! Jesus self het ons bevel gegee om die nuus van die Gospel te ____________________. So, wat presies is die evangelie?

    o  Wat beteken die evangelie? _________________________________________________________

    o  Ons kort hierdie goeie nuus nadat ons leer van Romeine 3:23, 5:12 & 18, 6:23 & Matthéüs 25:46.

    o  Die goeie nuus van Jesus is 1 Petrus 2:24, Handelinge 4:12, 10:43, Romeine 4:25, 6:23 & 10:13.

    Die ou testament voorspel Hom, die nuwe testament is ‘n rekord van Hom, maar die 4 evangelie-boeke vertel die duidelikste storie van Jesus se lewe op aarde, terwyl Hy nog op aarde was. Die 4 evangelies vertel die hele Good News Gospel! Die hele - Evangelie - van Jesus. Die evangelies is: _______________________

    _______________________________________________________________________________________

    _____________ die dokter skryf van Jesus se hele lewe en volledige geboorte aan die hele wêreld.

    _____________ begin met die bloedlyn van Jesus, en hy skryf aan die Jode ook oor Sy hele lewe.

    _____________ se evangelie gaan oor dit wat Jesus gesê het, en oor wie Jesus was op aarde.

    _____________ vertel ons wat Jesus gedoen het op aarde, en hy skryf aan ‘n Romeine groep.

    Die woord sê ons moet eers die koninkryk van God soek, en dan sal ons al hierdie dinge by kry wat ons so voor smeek. Matthéüs noem 32 keer die koninkryk van die hemel. En Nikodémus wou juis by Jesus weet hoe om Hemel toe te gaan. Interessant... Die evangelies beskryf ons hele sirkel van lewe saam Jesus. Die lewe, en dood, en opstanding uit die dood. Ons het niks om te vrees nie, weens die Liefde – 1 Petrus 4:8. ☺

    Hoe was Jesus in die ou testament Bybel voorspel?

    o  Geboorte (en geboorte-plek) van Jesus: Jesaja 7:14, 9:5-6 & Miga 5:1-3.

    o  Jesus se bediening en dood: Sagaría 9:9 & Psalm 22:16-18.

    o  Die duidelikste voorspelling is Jesaja 53, maar kom ons kyk na v3-7.

    o  Die datum van Jesus se dood: Daniël 9, maar in v24-27.

    o  Jesus se straf in detail: Jesaja 50:6 & Sagaría 12:10.

    Die goeie nuus is opgesom in ______________________________!

    WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?

    VERWYSINGS: Génesis 49:10, Jesaja 11:10, Jeremia 23:5, Matthéüs 1:2 & 22-23, 2:14-15 & 23, 3:16-17, 11:13-14, 21:16, 22:44, 26:67, 27:1-66, 28:6, Markus 11:7-11 & 24, 15:4-5 & 27-28, 16:19, Lukas 1:1-80, 3:33-34, 4:18-19, 23:34-35, Johannes 1:11, 3:3-5, 3:16, 7:5, 19:28-34, 20:25-27, Handelinge 3:20-22, Romeine 1:3, 5:6-8, 1 Korinthiërs 15:1-6 & 28, Kolossense 4:14, & Hebreërs 1:8-12, 5:5-6, & 7:14.

    HUISWERK – OM TE LEES

    Wat is BC & AD?

    o  BC is Before Christ en AD is Anno Domini. Dit is Latyns en dit beteken In die dag van ons Here Jesus. Dit staan NIE vir After Death nie. As 1 BC beteken Before Christ en 1 AD beteken After Death, dan beteken dit daar is rofweg 30 jaar (Jesus se hele lewe) wat verdwyn tussen in. Moenie daardie leuen glo nie.

    o  BC is voor Christus gebore is, en AD is na Christus gebore is.

    o  AD is in Latyns geskryf want die woorde In die dag van ons Here Jesus is te lank om ‘n afkorting mee te maak. Dit kan nie AC wees nie, want After Christ beteken Na Christus se leeftyd. Ons moet vir seker weet dat AD praat van die geboorte van Jesus, die skeiding tussen oud en nuut.

    o  BC/AD was ontwerp om die geboorte van Christus te gebruik om die ou era en die nuwe era te skei. Later het iemand uitgevind dat daar ‘n fout was in die datum-sommetjies, en dat Jesus eintlik gebore was in rofweg 6-4 BC, nie 1 AD nie. Dis nie belangrik nie. Dit beteken nog steeds dat Jesus die skeiding is tussen die ou dinge, en die nuwe dinge.

    o  Evolusioniste en ateïste het in die laaste tyd hard probeer om BC en AD te vervang met BCE en CE, maar hulle het dit nie reg gekry nie. Dit beteken Before the Common Era en the Common Era; sodat Jesus uit die prentjie gevat kan word. Dis nog meer bewyse dat Jesus se geboorte waar is, en dat baie mense bang is daarvoor en dit nie wil erken nie.

    Wat is die verskillende sewes van Daniël 9:24-27?

    o  Sien die illustrasie op die einde van hierdie huiswerk.

    o  Hierdie inligting is ook beskikbaar in verdere detail in die Openbaring Reeks.

    o  Babilon het Jerusalem oorgeneem in rofweg 587 BC. Die Persiese het toe oorgeneem in 464 BC. Hulle het besluit om Jerusalem te herbou in rofweg 445 BC.

    o  Daniël kry hier ‘n voorspelling wat sê: Van die tyd wat Jerusalem se herbou begin deur die Persiese, tot wanneer Messias STERF vir die versoening van ons sondes is (7x7) + (62x7) of 483 jaar in totaal, en dan kom die verwoester in die laaste 7 jaar en verwoes Jerusalem weer, en dit gee hulle ‘n totaal van (70x7) of 490 jaar.

    o  Volgens Daniël se profesie, as ons die jare op tel van 445 BC tot 483 jaar later by die DOOD van Jesus, sien ons ‘n ouderdom van +/-38 Joodse jare waarop Jesus gesterf het. Jesus was in +/- 6 BC gebore, so Hy was rofweg 38 Joodse jare oud toe Hy sterf volgens hierdie telling. MAAR ONTHOU: Die Jode het ‘n 360-dag kalender gebruik, en ons gebruik ‘n 365-dag Gregoriaanse kalender. So van ons sien-punt af was Jesus gebore (natuurlik in +/- 6 BC), en toe doodgemaak in rofweg AD 33. So dit is rofweg 6 jaar minder in ons moderne kalender, aangesien daar geen 0 BC of AD 0 is nie. Die einde van BC 1 is die begin van AD 1. So van 587 BC tot AD 30 is meer as 600 jaar. Jesus se dood was deur Daniël voorspel amper 600 jaar VOOR Jesus gebore was. Jesus ⇨ 6 BC-AD 33.

    o  Kom ons kyk na hierdie (+/-) datums op ‘n maklike manier, met ons eie moderne kalender:

    -  587 BC – Babilon neem Jerusalem oor.

    -  464 BC – Persiese neem Jerusalem oor by Babilon.

    -  445 BC – Die Persiese besluit om Jerusalem te herbou.

    ❍  483 Joodse jare later sal Jesus sterf volgens Daniël se profesie.

    -  6 BC – Jesus is gebore (0-Jaar oud).

    -  4 BC – Koning Herodes laat alle kinders 0-2 jaar dood maak (Matthéüs 2:16 & 19-20).

    -  AD 28 – Jesus was +/-33 toe hy die evangelie begin (Lukas 3:23), net na Johannes begin het.

    -  AD 28-33 – Die Bybel hou rekord van 4 Paas-feeste wat Jesus bywoon hier.

    -  AD 33 – Jesus gekruisig. (38-Jaar oud, op Vrydag 3 April AD 33).

    -  AD 70 – Joodse tempel vernietig deur Romeine gelei deur Titus, net die Wailing Wall bly oor.

    -  AD 2024 – Ons lewe hier vandag. ☺

    -  Onbekende dag - Ons wag vir die wegraping; die laaste 7 jaar van Daniël se profesie (483+7=490 Jaar of 70x7) waarin Lucifer met die verdrukking in die tempel staan; en die wederkoms van Jesus gebeur!

    o  Let op met die tydlyn hierbo, dat Jesus gesterf het in AD 33, maar volgens die profesie moes Jesus sterf in AD 38. Hoekom het hy 5 jaar vroeër gesterf? Want ons moet onthou dat Jesus eintlik gebore was in +/- 6 BC, nie in AD 1 nie, na die kalender-fout opgelet was. Die voorspelling was perfek, as ons kyk na Jesus wat gebore moes wees in die einde van 1 BC, en Hy die begin van AD 1 was, sou dit beteken die datums perfek is volgens profesie. Die kalender fout bestaan omdat die Jode ‘n 360-dag kalender volg, maar ons volg die 365-dag Gregoriaanse kalender.

    o  Jesus se 3 (miskien 4) Paas-feeste: Johannes 2:13 & 23, 6:4, 11:55 & 12:1 & moontlik Matthéüs 12.

    o  Let ook op in Daniël se profesie word daar die 7x7 jaar verduidelik van die Babiloniese gevangenskap deur die Babiloniërs (vrygelaat deur die Persiese), plus die 62x7 jaar waarin die tempel in ‘n benoude tyd herbou word en ook waarin Jesus sterf op die einde daarvan, dis nou 69x7=483 jaar, en dan is daar eers ‘n bietjie stilstand voor die laaste week kom, die 70ste week. Ons het al die pad tot by 69x7 beweeg en nou is daar eers sprake van die verwoesting van die tempel, en dan wag ons tot die einde toe in vers 26, EN DAN EERS GEBEUR DIE LAASTE WEEK, of die laaste 7 jaar, die 70ste jaar in vers 27. DIS DIE 7-JAAR VERDRUKKING! In Daniël is ons hele lewens opgesom in ‘n vergelyking van 490 jaar. Dis hoekom die verstand benodig is in vers 25.

    o  In die einde is dit belangrik om te onthou dat God ‘n misterie is, en die Woord inspireer het laat dit in dele en raaisels geskryf word (Jesaja 28:10 & Psalm 78:2-4), sodat ons dit kan bewonder en dit ondersoek. Dit aktiveer ons! Dit roer ons om te soek! God het ook nie die hele storie met ons gedeel nie. God soek nie ons moet alles weet nie. Daar is baie goed wat ons kan raai, soos datums van Jesus se geboorte en dood, maar ons sal vir seker weet eendag wanneer ons Hom self kan vra, want Jesus se datums is eenvoudig nie in die Bybel nie. NIE PER ONGELUK NIE! Dit was aspris so gemaak want slawe en werker-mense se geboorte en dood datums was nie belangrik om te onthou in Sy leeftyd nie. Hy was gebore in ‘n krip, in ‘n skuur rondom diere (Lukas 2:12). Hy was gebore om te lyk soos ‘n nederige, soos een van ONS! Hoe verduidelik mens dat ander se geboorte en dood en ouderdom presies in die Bybel voorkom, maar Jesus se geboorte het geen datum, en rondom 30 jaar later word sy ouderdom ook net gegee as rondom 30, en nie ‘n spesifieke ouderdom nie? Dis geen ongeluk dat God nie wil hê ons moet Jesus se datums nou weet nie. Jesus se geboorte was in sulke helder detail verduidelik, en dan is die datums weg. Hoe kan dit per ongeluk wees? Hy was dan al voorspel van die ou testament af... Die wyse manne was dan gestuur om na Jesus toe te reis met hulp van die blink ster... Juis is die sterre vir hulle ‘n kalender... En daar is ons Jesus se datums kwyt? Ons het niks om ons oor te bekommer nie, want as Sy datums ons kon red, sou ons dit nou al weet. Hy was nederig gebore, maar Hy kom eendag terug met groot eer en heerlikheid.

    o  Daar is baie meer voorspellings van Jesus in die ou testament, en ons vind uit dat die nuwe testament presies hierdie storie net so vertel. Hier is meeste van die ou testament voorspellings:

    Jesaja 7:14, 11:1-4, 50:6, 53:1-12, & 61:1-2 ⇨ Jesus sal van ‘n maagd gebore wees, Sy naam sal Immánuel wees, Hy sal verwerp word, Hy was gestuur om hartseer te genees, Hy sal stil wees voor die mense wat Hom aankla, daar sal op Hom gespoeg word en Hy sal geslaan word, en Hy sal saam ander sondaars hang. Hy sal saam met ryk mense begrawe word, en Sy lewe is ‘n sonde offer.

    Génesis 17:19, & 49:10 ⇨ Voorspel dat Jesus uit Isak se bloedlyn kom, en dat Hy uit die stam van Juda sal kom in Israel.

    -  Baie ander Bybel verse maak voorspellings van Jesus, oor Sy troon, waar Hy op aarde tyd sou spandeer, wat Sy werk op aarde sou wees, wat mense van Hom sou dink, hoe hulle Hom laat asyn drink het, en so baie meer, in hierdie verse te vinde: Númeri 24:17, Deuteronómium 18:15, 2 Samuel 7:12-13, Psalm 2:6, 8:2-3, 22:1-32, 45:6-7, 69:21-22, 110:1-4, Daniël 2:44, Hoséa 11:1, Maleági 4:5-6, & Sagaría 12:10.

    ILLUSTRASIE VAN DIE 70 SEWES

    A diagram of a number of years Description automatically generated with medium confidence

    KYK FLIEKS

    ––––––––

    KYK VIR HUISWERK

    John Hagee se les op The Enemy at the Gate.

    KYK SAAM

    Bible Story Animation King Dawid.

    A film strip with images of film Description automatically generated

    DIE GEBOORTE VAN JESUS & SY BLOEDLYN

    Waar kom Jesus vandaan? Waar begin Sy lewe? Matthéüs & Lukas vertel die storie van Jesus se geboorte in helder detail. Eers word daar begin met die bloedlyn van Jesus, en dan kom Johannes die doper om voor Jesus uit te gaan, en dan kom Jesus self! Het Hy enige broers of susters gehad? Wie was Sy ouers? Waar was Jesus gebore?

    My moeder Alida geniet Maria van Betánië baie!

    Die Bloedlyn van baba Jesus is die opening van Matthéüs:

    Matthéüs 1:1-17(v16-17) – Van Abraham tot by Dawid, en dan al die pad deur die Babiloniese ballingskap tot by __________, die verloofde man van die maagd __________ waaruit Jesus gebore is, is __________ geslagte vér. Dis belangrik om te weet dat Jesus ‘n afstammeling is van Dawid, want volgens die profesie in Génesis 49:9-10 en die vervulling van die profesie in Openbaring 5:5 is Jesus die ____________________, wat vir ewig die septer sal hê, en wie vir ewig sal __________!

    Maria en Josef kry die nuus van baba Jesus wat oppad is in die begin van Matthéüs en Lukas:

    Lukas 1:26-56 & Matthéüs 1:18-25 – Engel __________ het aan Maria verskyn in haar __________ en die nuus gebring van baba Jesus. Die Heilige Gees het haar swanger gemaak want Maria was nog ‘n _________. God is Jesus se biologiese pa, nie Josef nie. Josef wou van Maria _________ toe hy uitvind sy is swanger sonder dat dit sy kind kan wees, en toe verskyn ‘n engel aan hom in ‘n ______, en verduidelik dit als aan hom. Dit was geprofeteer deur Jesaja 7:14! Jesus se doel is in Titus 3:3-7 om ons van _______ te verlos. Sy naam is Jesus, of Immánuel, en dit beteken _________________.

    Baba Jesus se geboorte-storie gebeur in detail hier, en ons sien hoe Hy die dood ontvlug het:

    Lukas 2:1-52 & Matthéüs 2:1-23 – In hierdie dae moes almal ______________ word vir die eerste keer deur die hele wêreld. Josef het na Betlehem gegaan in Judea, die stad van Dawid, omdat hy uit die geslag van Dawid kom en homself saam Maria daar op geskryf. Volgens Miga 5:1-2 was baba Jesus daar in _______ gebore. Hy was toe in doeke toegedraai, en in ‘n _____ neergelê, omdat hulle geen ander plek kon vind nie. In dieselfde land was daar _______ besig om hulle skape op te pas in ‘n veld in die nag. ‘n Engel het aan hulle verskyn saam ‘n groot menigte in die hemel wat God prys, en die engel vertel vir die herders die storie van die Christus se __________. Toe het hulle dadelik gereis na Betlehem en die Kindjie gesien, en die nuus dadelik oral versprei. Die herders was ______ manne van die Ooste, en hulle het die _____________ van Jesus gevolg. Hulle het die Kindjie hulde bewys, en vir Hom _____, ________, en _____ gegee. Na die wyse manne weg is, verskyn ‘n engel aan Josef in ‘n droom en sê vir hom om met Maria en die Kindjie te vlug na _______ oor ________ die baba wil soek en dood maak (Hoséa 11:1). Herodes het al die seuns 0-2 jaar by Betlehem laat doodmaak om Jesus te probeer uitwis (Jeremia 31:15). Toe sterf Herodes en ‘n engel stuur hulle terug na Galiléa in Násaret, sodat Jesus ‘n __________ genoem kon word soos die profete gespreek het. Die ou testament sê nie wie dit geprofeteer het nie, so net Matthéüs beskryf dit een keer hier.

    WATSE GOEIE NUUS HET ONS GELEER?

    VERWYSINGS: Jesaja 9:6-7, 11:1, Johannes 1:14, 1 Korinthiërs 3:11-15, 2 Korinthiërs 1:13-18, Galásiërs 4:4-5, 1 Timoteus 1:15-17, 1 Johannes 5:11, & Openbaring 5:5 & 12:1-5.

    HUISWERK – OM TE LEES

    Die geboorte van Johannes:

    Lukas 1:5-25 & 57-80 – Die geboorte van Johannes gebeur in die dae van Koning Herodes van Judea. Sy ouers is die priester Sagaría en Aaron se dogter, Elisabet. Al twee was oud en Elisabet was onvrugbaar, maar hulle het God gesmeek vir ‘n kind. Engel Gabriël verskyn aan Sagaría in die tempel en sê vir hom dat sy gebed verhoor is, en dat hy die kind Johannes moet noem. Sagaría is Johannes se pa. Die seun sal blydskap oor die aarde bring (1 Korinthiërs 1:14-17). Hy sal nie alkohol gebruik nie, en hy kom om Israel te laat bekeer, met die gees en krag van Elia. Hy sal van geboorte die Heilige Gees hê. Sagaría het dit nie geglo nie, en toe maak Gabriël vir Sagaría stom tot Johannes gebore is oor hy getwyfel het. Elisabet het toe swanger geword en 5 maande lank weg gekruip. In die 6de maand het Maria die moeder van Jesus vir haar gaan kuier vir 3 maande lank, en toe weer huis toe gegaan. Elisabet het toe die seuntjie gebaar, en op die 8ste dag het hulle gekom om hom te besny, en sy ouers noem hom toe Johannes. Direk hierna kon Sagaría weer praat. Hy het God geprys, en geprofeteer dat Johannes voor Jesus uit sal gaan om Sy wee reg te maak deur te preek van die vergifnis van sondes. En hy het gegroei.

    Jesus se broers en susters:

    Markus 6:3 & Matthéüs 13:55-56 praat van Jakobus, Joses, Judas, en Simon wat Jesus se broers was, die seuns van Maria, en die verse praat ook van susters wat Jesus gehad het. Natuurlik is dit stief broers en susters want Jesus was gebore vanuit God self. Niemand weet of hierdie Judas, ook Judas Iskáriot is nie. Ons sal eendag in die hemel uitvind. Die Bybel sê dat Judas Iskáriot die broer is van Jakobus, en een van die Jakobusse is die broer van Jesus. Josef, Jesus se pa, het GEEN vorige vrou gehad voor Maria nie. Geen sulke Bybel bewys bestaan nie. Dit is ‘n leuen wat die Katolieke op gemaak het om te kan bewys dat Maria nie altyd ‘n maagd was nie, voor en na Jesus se geboorte. Dit is NIE so in die Bybel nie. Dit is heeltemal moontlik dat al hierdie broers van Jesus sy regte stief broers is, en dat Judas nie in die boek van Judas genoem word as die broer van Jesus nie maar eerder die broer van Jakobus, omdat Judas dalk nie gesien was as Jesus se broer in ‘n geestelike familie nie, oor hy Jesus verraai het. Dit is ook net spekulasie, en ons weet glad nie. Die Bybel sê nie vir ons nie, maar dis baie nader aan die waarheid, want die Bybel sê dat Josef en Maria definitief saamgekom het na die geboorte van Jesus, so die katolieke lieg definitief.

    Die verskillende Marias in die Bybel, waarvan een Jesus se moeder is:

    o  Maria was ‘n baie algemene naam in daardie era, en die Bybel noem baie Marias, soos Maria die moeder van Jesus, en haar suster Maria, en Maria Magdalena wat al drie by Jesus se kruis was in Johannes 19:25, Matthéüs 13:55, & Markus 6:3.

    o  In Johannes 20:1, Matthéüs 28:1, & Lukas 24:10 (& Lukas 23:55) hoor ons ook van verskillende Marias by die graf van Jesus.

    o  Daar kan ook ander Marias onder die vroue wees in Lukas 23:49.

    o  Daar is moontlik Marias in Matthéüs 27:56, Markus 15:40, Lukas 24:10, Handelinge 12:12-16, & Romeine 16:6.

    o  Maria Magdalena het die 7 demone in haar gehad in Lukas 8:2.

    ––––––––

    o  Maria van Betánië, suster van Magda & Lazarus het by Jesus se voete gesit en luister na Hom, en het ook duur salf in ‘n albaste fles oor Jesus se hoof en voete uit gegooi in Lukas 10:38-42, Matthéüs 26:6-13, Johannes 12:1-11, & Markus 14:1-9. Sy is een van die mooiste Marias in die Bybel, een van die wat groot liefde in haar hart het vir Jesus, want ons sien haar 3 keer in die Bybel en al drie keer by Jesus. Eers by Jesus se voete, besig om te luister (Lukas 10:38-42), dan met die opstanding van Lazarus uit die dood het Maria by Jesus vertroosting gaan vind (Johannes 11), en die derde keer is net voor Jesus se kruisiging, toe sy die duur salf oor Jesus se hoof gooi (Matthéüs 26:1-6, Markus 14:3-9, & Johannes 12:1-8). Die dissipels was besig om te wonder wie die grootste in die hemel gaan wees, terwyl Maria van Betánië besef het dat Jesus gaan sterf, gekruisig word, en uit die dood opstaan vir haar sondes... Toe Martha vir Maria blameer het oor sy net stil sit by Jesus se voete, het

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1