Blou, blouer, BLOUSTE
VIR MY is die voordag blou. Vroegoggend, nog voor die dag breek, is daar so ’n vae grysblouheid aan die lug. Dit kan wees dat ek dit sien as ’n tyd nog vol belofte, voor die son opkom en die dag hom in al sy ware kleure aan jou openbaar, of so iets .