Die Redakteur Sê
in hierdie uitgawe van finweek kyk ons medewerkers na die nasleep en koste van die mislukte opstand in Julie in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng. Die verlies van menselewens was onnodig. Die skade aan eiendom word voorlopig op miljarde rand geskat.